NewsNews

Geliefde motorwag sterf

Geliefde motorwag sterf

Menige Parysenaar sal die gesig onthou van die 65-jarige Theunis Kleyn wat vir meer as 14 jaar as motorwag diens gedoen het by die Pick ‘n Pay-sentrum in die dorp, en vroeër ook by Wimpy.
Theunis is Sondagoggend by Gleniffer oorlede waar hy en sy vrou, Maureen, gebly het. Hulle sou hierdie Sondag 20 Oktober, hul 39ste huweliksherdenking gevier het.
Theunis was die afgelope twee maande siek gewees. ’n Troosdiens vir hom is Woensdagoggend by Gleniffer deur ds. Graham Oehley gehou.
Hy word naas Maureen ook oorleef deur sy vier kinders, 10 kleinkinders, broers en suster.
Theunis was ongeveer 28 jaar in Parys gevestig, en het wanneer hy nie as motorwag diens gedoen het nie, graag gedraf.

Related Articles

Back to top button