Slegte nuus vir verbruikers is dat Eskom aangekondig het dat fase 2 beurtkrag vandag Donderdag 17 Oktober landwyd weer ingestel word vanaf 09:00 tot 23:00. Dit beteken dat Parysenaars vanoggend tussen 09:00 en 10:30 geraak sal word.
Eskom sê die toepassing van beurtkrag is juis as voorkomingsmaatreël ingestel, na ‘n reeks probleme wat reuse uitdagings gebied het vir Eskom se noodstelsels.
Sou fase 2 weer Vrydag 18 Oktober ingestel word, sal Parys tussen 16:00 en 18:30 geraak word.
‘n Steenkool-vervoerband het onder meer Saterdagoggend gebreek en Medupi-kragstasie se opwekkingskapasiteit so gehalveer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



