News

Wiele-nood vir Snippie

Wiele-nood vir Snippie

Sy op-en-wakker ogies loer onseker na jou waar hy op die vloer sit. Maar wanneer hy vir Danie Nel sien, sleep die blink swart lyfie oor die vloer nader na Danie toe tot styf teen sy bene.
Snippie is net 4 jaar oud, maar dié pragtige worshondjie het skielik verlam geraak in sy agterlyf. Danie vertel dat hy vir Snippie by die veearts gehad het, maar dat daar niks is wat vir hom gedoen kan word nie. Hy en Snippie is onafskeidbaar.
Al wat Danie nou vir sy maat begeer is ‘n “karretjie” om Snippie te help om met sy lam agterlyfie makliker oor die weg te kom.
Enigeen wat dalk kan help word gevra om Stienie te skakel by (056) 811 5918.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button