NewsNews

Inwoners van Emfuleni vra president Ramaphosa om in te gryp

Inwoners van Emfuleni vra president Ramaphosa om in te gryp

Die VF Plus steun ‘n versoekskrif van inwoners van Emfuleni (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) waarin president Cyril Ramaphosa gevra word om die gebiede wat deur die  Vaalrivier-rioolkrisis geraak word, tot ‘n provinsiale rampgebied te verklaar.

In die versoekskrif vra meer as 3 000 inwoners die president om in te gryp in ‘n situasie wat daagliks verswak. Die versoekskrif verwys na die strate, parke, kantore en huise wat met riool besoedel word omdat  rioolsuiweringaanlegte nie na behore funksioneer nie en honderd miljoene liter riool daagliks na die Vaalrivier vloei.

Meeste van die pompstasies wat riool na die suiweringsaanlegte moet pomp, is buite werking en die 2 600 km-pyplyding waardeur riool afgevoer word, is stukkend.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) wat as reddingsboei in Emfuleni ontplooi is om herstel- en onderhoudswerk te doen, se geld het opgeraak en hy word nou in ‘n sekuriteithoedanigheid aangewend om te verhinder dat pompstasies gevandaliseer word.

Die VF Plus sal aanhou om druk op die munisipaliteit en regering te plaas om Emfuleni se probleme daadwerklik aan te spreek en op te los.

Die ANC is nie in staat om die munisipaliteit te bestuur nie en daarom word kiesers aangemoedig om hul stem dik te maak en die stadsraad te dwing om op te tree.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button