NewsNews

Met dié ete en veiling kan jy Emunah help

Parysenaars en besoekers aan die dorp kan nou ’n heerlike ete en veiling by Montgolfiers Restaurant kom geniet en op hierdie manier ook die Emunah Foundation in Parys finansieel ondersteun. Die lekker saamkuier geleentheid vir vriende, kollegas of familie word aangebied op 26 Oktober om 17:00 by Montgolfiers by die Parys-vliegveld net buite Parys langs …

Parysenaars en besoekers aan die dorp kan nou ’n heerlike ete en veiling by Montgolfiers Restaurant kom geniet en op hierdie manier ook die Emunah Foundation in Parys finansieel ondersteun.
Die lekker saamkuier geleentheid vir vriende, kollegas of familie word aangebied op 26 Oktober om 17:00 by Montgolfiers by die Parys-vliegveld net buite Parys langs die R59.
Die koste is R150 per persoon vir volwassenes en R60 per persoon vir kinders. Alle opbrengste van die veiling waar ’n verskeidenheid van items verkoop sal word, gaan aan die Emunah Foundation.
Kaartjies moet vooraf gekoop word en kan Colin by 072 223 7583, of Sonja by 083 696 7410 geskakel word.
Meer oor die Emunah Foundation:
Die afgelope vier jaar was Colin en Sonja Viljoen se harte en huis oop vir kinders. Meer as 28 kinders wat reeds in die vier jaar tydelik hier ‘n veilige hawe van liefde gevind het. Kinders wat tot nou toe net die skadukant van die lewe geken het. Sommige wie se ouers hulle nie meer wil hê nie. Ander verwaarloos of mishandel.
Van hierdie kinders wat by die Emunah Foundation in Schilbachstraat gehuisves is, was meeste babas, maar geen kind word ooit hier weggewys nie.
Die jongste was ’n pasgebore baba wat na net 60 dae in hul sorg, aangeneem is deur mense.
Die babas kom meestal direk van die hospitaal en is nie tienerswangerskappe nie. Babas wie se ouers eenvoudig besef hulle kan nie die kindjie versorg nie.
Sedert Emunah sy deure op 17 Julie 2015 in Parys oopgemaak het, vervul hulle ’n baie groot rol as plek van veiligheid, nie net vir kinders in die groter Parys nie, maar selfs van omliggende dorpe sover as Kroonstad, Potchefstroom en Vryburg.
Omdat daar geen staatsubsidie of enige finansiële hulp vir plekke van veiligheid soos die Emunah Foundation is nie, is die opsies baie beperk vir plasing van kinders wat gewoonlik vir ‘n drie maande tydperk onmiddellik gehuisves moet word totdat die wetlike prosedures vir pleegsorg afgehandel is.
Eers wanneer ’n kind in pleegsorg geplaas is, kan aansoek gedoen word vir ’n pleegsorg toelaag.
Pleegsorg prosedures neem somtyds veel langer as drie maande om af te handel, en was daar al selfs ‘n seuntjie wat van geboorte tot ‘n maand voor sy tweede verjaardag by hulle was.
Op ‘n stadium was daar ses babas gelyktydig in hul sorg.
Ten spyte van die groot stryd om oorlewing om ’n huishouding aan die gang te hou en te kan voorsien in die behoeftes van die kinders wat hier geplaas word, is hierdie ’n taak wat Colin en Sonja voel die Here hulle voor geroep het.
Die Emunah Foundation beskik ook oor ’n sogenaamde “babakluis” met ’n alarm wat afgaan sodra ’n baba in die kluis geplaas word. Hoewel hulle in die afgelope vier jaar nog nie ’n baba in die kluis gekry het nie, is ’n twee dae oue baba in ’n doeksak op hul sypaadjie gelaat. ’n Mamma wat eenvoudig nie kans gesien het om die kindjie groot te maak nie.
As jy enige bydrae wil maak, hoe gering ookal – kinderklere, doeke, melk, selfs wil help met herstelwerk of enigiets anders by Emunah Foundation, kontak Colin by 072 223 7583 of Sonja by 083 696 7410. Bankbesonderhede vir Emunah is: Emunah Founda-tion NPC, Standard Bank, Lopende Besigheidsrekening, rekeningnommer 042317983.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button