NewsNews

Drie mense, insluitend kind, dood in ongeluk

Drie mense, insluitend kind, dood in ongeluk

Drie mense, insluitend ‘n kind tussen die ouderdom van 8 en 9 jaar, is Saterdagaand (12 Oktober) op die N12 naby Fochville dood.

Volgens Ross Campbell, ‘n ER24 woordvoerder, het die ongeluk omstreeks 20:35 gebeur, toe ‘n ligte motor glo agterin ‘n vragmotor by ‘n vulstasie vasgery het.

Campbell sê die twee mans wat voor in die motor gesit het, het beide ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

‘n Seuntjie en ‘n man in sy 20’s het agter in die motor gesit. Die seun het ook aan sy beserings beswyk.

Die oorlewende man is per helikopter na ‘n privaathospitaal geneem.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button