Amy’Leigh ontvoering: Net 1 kry borg
Slegs 1 van die 4 verdagtes wat tereg staan op die ontvoering van die 6-jarige Amy’Leigh de Jager, het vanoggend borg in die Vanderbijlparkse landdroshof gekry. Landdros Hussain Khota het borg va R25 000 toegestaan aan die 40-jarige Laetitia Nel. Twee ander mede-beskuldigdes, Tharina Human (27) en Pieter van Zyl (50) se borgtog is geweier …
Slegs 1 van die 4 verdagtes wat tereg staan op die ontvoering van die 6-jarige Amy’Leigh de Jager, het vanoggend borg in die Vanderbijlparkse landdroshof gekry. Landdros Hussain Khota het borg va R25 000 toegestaan aan die 40-jarige Laetitia Nel.
Twee ander mede-beskuldigdes, Tharina Human (27) en Pieter van Zyl (50) se borgtog is geweier en sal in aanhouding bly.
Die vierde beskuldigde, Bofokeng Molemohi (24) het sy borgaansoek laat vaar. Sy saak is by die ander drie beskuldigdes gevoeg en sal voortaan saam met hulle in die hof verskyn.
Die saak is nou uitgestel tot 13 November en sal dan oorgeplaas word na die hooggeregshof.
Amy’Leigh se ontvoering vroeër vanjaar voor die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark waar Human ‘n onderewyseres was, het groot opslae regoor die land gemaak. Sy is die volgende oggend in die vroeë oggendure aan haar ouers terugbesorg nadat sy deur haar ontvoerders in ‘n straat in Vanderbijlpark afgelaai en deur weldoeners gevind en aan haar ouers terugbesorg is.





