OpinionsSMS/ Lesers sê hul sê

Praat saam / sms’e

* That’s life. Life is short, break the rules, forgive quickly, kiss slowly, love truly, laugh uncontrollably- and never regret what once made you smile. Onthou om te lag. * Lizzy Mosologi at Woolworths, you are an angel! I cannot thank you enough for your patience and honesty. You took the time to go and …

* That’s life. Life is short, break the rules, forgive quickly, kiss slowly, love truly, laugh uncontrollably- and never regret what once made you smile. Onthou om te lag.

* Lizzy Mosologi at Woolworths, you are an angel! I cannot thank you enough for your patience and honesty. You took the time to go and look for my ring that I had left in the store and wouldn’t accept a gift of appreciation in return. The world needs more people like you.

* Graag wil ek die volgende mense bedank vir hul ondersteuning: Potchefstroom Hospitaal, ICU personeel, Promosa Gentleman’s Society, Gimnasium Potchefstroom asook Promosa Gemeenskap. Baie dankie vir al die gebede en bystand gedurende Carridean se afsterwe. Ons familie het dit regtig waardeer, nogmaals baie dankie. Denise Isaacs.

* Ek wil net vir dr. Freddie en personeel van Central Veearts dankie sê toe hy so vinnig opgetree het nadat my kat ook saam my 4 yorkies vergiftig is. Die kat is okay. Dankie dokter.

* Mense indien jy ‘n geliefde verloor en jy wil die persoon met respek en waardigheid begrawe, is daar net een persoon wat dit kan doen met simpatie en empatie vir die geliefdes wat in rou is en dit is Johan van Deventer van Funeral 2000. Dankie Johan dat jy ons geliefde met soveel respek empatie en waardigheid hanteer het. Funeral 2000 BO!

* Almal was so verbaas dat hulle onder mekaar geredeneer en gesê het: “Wat gaan hier aan? Dit is ‘n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die onrein geeste, en hulle gehoorsaam Hom.”

* Ek ontmoet hom.. die man van my drome. Voor my deur staan hy, netjies geklee, bos blomme in die hand. My asem slaan weg. ‘n Wonderlike aand volg met hemelse musiek. Tyd om te groet. ‘n Stywe druk en ‘n nagsoen. Dankie Here prewel ek. Tyd kom en tyd gaan. Geen rede, geen antwoord. Alles gou verby. Stukkende hart.

* Mense wat diere vergiftig is selfsugtig. Daar bestaan ook geen liefde in hul lewes nie en hul is ongelukkige wesens van die samelewing.

* Oom Soebi soos ons wyksraadsleier, kan jy asb. vir ons by Tlotlanangstraat net twee speedhumps oprig? Almal wat haastig is wil net Tlotlanangstraat gebruik en dan ry hulle baie vinnig. Ek het laaitjies in daardie straat. Ek is lief vir hulle, doen iets. Pa met groot respek. Van Oom Johnny Majonza.

* Werkersdag… wat ‘n gemors. Slegs twee Capitec Bank OTM’s in Riverwalk vir hul om pensioene by te trek. Word wakker ABSA jul verloor baie. Riverwalk kliënt.

* My liefste Lollipop dankie vir die voorreg dat jy my vrou is. Ek het jou baie lief. Gelukkige huweliksherdenking. Van jou Ramkat.

* En daar werk ons straatligte so wraggies weer nie.

* Ek dink almal wat daar was, het die Motorskou geniet. Die Cobra’s en ou Rods was die beste – die heel beste was daai Firenza Can Am.

* Dankie Nick van Omnicomp dat jy altyd so geduldig is.

* Hoeveel gee karwagte werklik om as jou voertuig al twee keer onder hul neuse gesteel word? En daar word net skouers opgetrek.

* Baie dankie Mediclinic ongevalle dat julle jul oor my kind ontferm en vertrou om eers die volgende dag die mediese vorms te kom invul met sy werksbesering. Vir julle kom omgee eerste baie, baie dankie.

* Dankie Pisces julle diens is flink, baie vinnig en puik. Ek waardeer julle.

* Ons as uitstallers wil graag vir ds. Willem Kok en sy gesin bedank vir die harde werk en toewyding waarmee hulle elke jaar die motorskou aanbied. Sonder sy motivering sal dit nie so suksesvol wees nie. CR.

* Wat maak die karwagte by die mall as jou voertuig onder hulle neuse gesteel word? Dit is nou die tweede keer wat dit met dieselfde mense gebeur. Kan die bestuur dan niks daaraan doen nie? Bekommerde inwoner.

* Die stadsaal se horlosie is pragtig. Vir maande lank is die slae op die kwartier, halfuur en uur uit. Die horlosie se gesig is nie eens meer verlig nie. Wat dink hogere mense daarvan as die tyd nie reg gelui word nie? Dit is immers die stadsaal of gaan hy ook nou gesloop word? Al weer Jan van Riebeeck se skuld. Siestog.

* Gaan die verkeer van groot trokke en prostitute nooit end kry in Wolmaransstraat nie? SAPD en Tlokwe verkeersdept. ry met oogklappe aan terwyl daar duidelike padtekens is op die verbod van geen stilhou van swaarvoertuie tussen 18:00 en 06:00. Ek het al in een aand 36 trokke getel wat vanaf Kerkstraat via Wolmaransstraat en vice versa ry. Hoe de duiwel moet ‘n mens ‘n goeie nagrus hê? Die geskree van hierdie mense is nie meer ‘n grap nie.

* Goedkoop politiekery van die DA. In watter een van julle raadslede se wyke lyk dit nie gehawend nie, nou okkupeer ‘n raadslid die voorblad, kamstig bekommerd oor die tyd wat die mooi nuwe pad gaan neem om voltooi te wees. Die reg van inwoners, siestog man. Wat van die reg van inwoners op die Bult waar julle die plek so laat ontwikkel het dat die bome moes sneuwel? Moet asseblief nie so selektief wees nie, dit is mos een van die dae weer verkiesing. Vir 4 jaar al bring julle nie julle kant nie, nou skielik is julle stembande, penne, papier en kameras afgestof. Dit sal beter met die dorp gaan as inwoners die raadslede was, dan kan die DA en die ANC hulle bokskryt buite die dorp oprig en daar speel, die besorgde inwoners sal die dorp mooi en reg hou, sonder goedkoop propaganda.

* Ag nee! Die waterlek op h/v Walter Sisulu en Renosterstraat hou twee maande, dan begin dit weer lek. Help ook nie mens rapporteer dit by munisipaliteit, want hulle reageer nie!
Of doen net lapwerk. Dan loop water oor twee maande maar weer in pad af. Doen tog iets. Ds. Koos Mouton.

* Jy wat naar raak oor mense se gekla oor honde wat blaf. Jy is net so eenvoudig soos die wie nie hul honde kan stilhou nie. Lê ook seker heeldag en nag en ruik eie p*&p.
Blaf is blaf, maar ‘n aanhoudende geblaf kan enige regdenkende mens mos dink gaan kyk wat is fout en stel dit reg en maak jou hond stil. Ek het self ‘n pitbull wat niemand pla, want ek is nie te lam om selfs in die oggendure op te staan om te gaan kyk waarvoor blaf hy.
Maar dis te gemaklik vir party mense om net gemaklik te wees en in jou huis vasgekluister te wees.
Steek net jou kop by die deur uit, skep sommer bietjie vars lug en geniet sommer dan ook die skone natuur soos die klein dingetjies wat saak maak in die lewe en gee vir mekaar om.

* Konsensus… Dis wat ons nou moet bewerkstellig…
Hoeveel motors moet oor die rooi robot ry voor jy oor jou groen lig mag gaan? Help tog asb…

* Dinsdagmiddag omstreeks 16:00 stop my seun en ek agter ‘n trok wat vanaf die garage oorkant Spar op die Bult uitgetrek het en nou skuins voor ons is. Hy’s ‘n leerlingbestuurder en stop waar hy moet. Me. kom vanaf Spar se uitgang en druk net doodeenvoudig haar motor se neus voor ons in.
Ons gaan effe vorentoe maar toe die robot oorslaan sny sy net eenvoudig in. Sies me… wat moet my seun nou daaruit leer? En jy verbeel jou seker jy’s goed grootgemaak… Besorgde ma.

* Aan die paartjie wat alles verloor het, maar julle liefde het dit oorwin. Dit is pragtig en dit is waaroor dit moet gaan, liefde wat mens bymekaar hou, maak nie saak wat nie. Beste wense en julle sal weer opstaan. God Is Groot. Hou aan bid en glo asb! Sterkte.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button