NewsNews

So maak R55 ’n verskil

Gatvol vir gate?

Hoekom nie die daad by die woord voeg en ‘n verskil maak nie?
Dit is die uitgangspunt van die plaaslike Rotariërklub president, Louis Janse van Rensburg, wat verlede Dinsdag met die hulp van Ferdie van der Westhuizen, self die moue opgerol en begin het om slaggate in die omgewing van die hangbrug reg te maak.

Louis Janse van Rensburg en Ferdie van der Westhuien waar hulle verlede week slaggate in die omgewing van die hangbrug reggemaak het. Foto: Verskaf. 
Louis sê niks skrik toeriste so af as strate wat vol gate is nie. Omdat die hangbrug so ‘n gewilde toeriste besoekpunt is, is besluit om vanaf die hangbrug al langs die rivieroewer tot by Paulsenstraat die slaggate te herstel, waar die pad op plekke al meer na ‘n slagveld as ‘n teerstraat lyk.
Verbygangers was so beïndruk met hul werk dat daar selfs mense was wat aangebied het om teer te koop sodat slaggate in die strate waar hulle woon, ook herstel kan word.
Louis sê dat die oogmerk van die Rotariër-projek is om uiteindelik ook die slaggate in al die dwarsstrate wat vanaf Boomstraat na die rivier loop, te kan herstel, juis ter wille van toerisme.
Maar om dit te kan doen is fondse nodig. Louis meen dat minstens 100 sakkies teer nog nodig is om net langs die rivieroewer tot by Paulsenstraat te vorder. Teen R55 ‘n sakkie teer beteken dit R5 500 om die gate op dié roete te herstel. Elke sakkie teer maak ‘n verskil, sê Louis.
Mense wat graag ‘n bydrae tot die Rotariër-projek wil maak vir die teer en arbeid wat nodig is, kan Louis WhatsApp of skakel by 082 372 6988 vir meer inligting.
Mense kan hom ook kontak waar hulp nodig is met slaggate in ander strate sodat die Rotariërs waar moontlik, kan help met arbeid, as mense net self die teer voorsien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button