NewsNews

Uitspraak ná twee se dood die week gehoor

Uitspraak ná twee se dood volgende week gehoor

Meer as drie jaar na die dood van Samuel Tjixa en Simon Jubeba in Januarie 2016, sal regter Corné van Zyl  die week van 15 tot 18 Oktober, haar uitspraak in die verhoor in die Hoë Hof in Parys gee.
Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Loedie van der Westhuizen, Cor Loggenberg en Miela Janse van Vuuren, is vir die moord op Tjixa en Jubeba aangekla.
In die soveelste wending sedert die verhoor begin het, was die uitstel van die uitspraak in Julie onafwendbaar, met regter Corné van Zyl wat weens siekte nie die hofverrigtinge kon bywoon nie.
Dit nadat die hofverrigtinge ook in Mei uitgestel moes word toe regter Van Zyl aangedui het dat sy nie haar uitspraak bevindinge kon voltooi weens die geweldige volume van hofrekords wat deurgewerk moes word, en die aantal kwessies wat na vore gekom het in die meer as drie jaar lange verhoor.
Regter Van Zyl het benadruk dat sy moet seker maak dat geregtigheid geskied in belang van nie net die oorledenes nie, maar ook die beskuldigdes en dat sy daarom die besluit om uitstel geneem het.
Die staat voer in sy saak aan dat die beskuldigdes Tjixa en Jubeba na bewering sodanig sou aangerand het op 6 Januarie 2016 op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik, dat hul kort daarna aan hul beserings in twee afsonderlike hospitale beswyk het. Tjixa en Jubeba is deur ‘n groep mans aangekeer na ‘n plaasaanval op Loedie van der Westhuizen (sr.) op die plaas Biesiesbult. Loedie van der Westhuizen (sr.) is intussen in die drie jaar wat die verhoor al voortduur, oorlede.
Johan Myburgh en adv. Piet Pistorius tree namens Boeta van der Westhuizen op, Johan Vorster tree op vir Anton Loggenberg, adv. Dawie Reyneke verskyn vir kapt. Henk Prinsloo, Cor Loggenberg en Loedie van der Westhuizen, terwyl adv. Hennie du Plessis namens Miela Janse van Vuuren verskyn.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button