
Die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Olienhout-tak, bied op Saterdag 19 Oktober in samewerking met Sons of Guns, ’n 20 meter .22 geweer skiet aan.
Dit word gehou by die Sons of Guns perseel in Arthur Fisherstraat (Parys nywerheidsgebied. Inskrywings is van 08:00 tot 14:00.
Enigeen is welkom om te kom saam skiet. Jy hoef nie lid van SA Jagters te wees nie.
Die koste is R100 per persoon, en R50 vir juniors. Vir navrae skakel 056 110 0025


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



