NewsNews

Boer verloor stryd vier jaar na plaasaanval

Braam Blignaut het Saterdagoggend, 5 Oktober 2019, gesterf

 

Vaalweekblad het onlangs berig oor Braam Blignaut, die 38-jarige boer wat in Julie 2015 op sy plaas in die Buffelsfontein-omgewing in Noordwes in die rug en onderlyf gewond is en sedertdien deur hel gegaan het.
Vyf rowers het hom, sy vrou Izulda en hul kinders die dag aangehou voordat Braam in die onderlyf geskiet is. Braam en sy gesin het na die aanval na Rustenburg verhuis en het nooit weer na die plaas teruggekeer nie.
Braam was na die voorval verlam en in ‘n rolstoel.

Hy het gedurende sy behandeling ‘n supervirus in ‘n staatshospitaal opgedoen en albei sy bene moes mettertyd geamputeer word om te voorkom dat die virus versprei.

Hy het Saterdagoggend, vier jaar na die aanval, gesterf.
Buiten Izulda word hy oorleef deur sy seuns, Albert (14), Braam (10), Christo (8) en Dylan (7). sowel as sy ma, mev. Gerda Steyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button