Entertainment

Vegters: Soms lê die slagveld in jouself

Vegters: Soms lê die slagveld in jouself

Titel: Vegters
Skrywer: Lucia Prinsloo
Druknaam: Wenkbrou
Genre: Algemene Fiksie
Uitgewer: Lapa
Prys: R295

Kliek… en jou lewe verander. Onomkeerbaar. So sal Markus Meyer en Regardt Muller, twee vriende wat ná matriek by die Britse Weermag aansluit en as lede van die gerespekteerde 3-Valskermregiment in Afghanistan diens doen, weldra leer. Die boek, Vegters deur skrywer Lucia Prinsloo, ontsluit ‘n komplekse dinamika tussen dié avontuurlustige vriende. Dit is eers wanneer stilte oor die slagveld neersif en die gevolge van konflik beredder moet word, dat die wáre vegters na vore sal tree. Daardie slagveld is nie noodwendig in ’n oorlogsgeteisterde gebied waar die droë hitte iets lewendigs is nie;
soms lê dit ook tussen kamerade, gesinslede en verál midde-in die liefde; selfs ’n soen is by tye ’n landmyn wat afgetrap word. Vegters is die merkwaardige verhaal van uitdaging, lojaliteit en deursettingsvermoë. ’n Verhaal wat die leser deur drie valleie sal neem: van die Gamtoosvallei
in die Oos-Kaap na die Sanginvallei langs die Helmandrivier in Afghanistan, tot die Vallei van ’n Duisend Heuwels in KwaZulu-Natal waar die wêreldbekende Dusi-kanomarathon die twee vriende tot die uiterste sal beproef.
Wees gereed om oorbluf te word. Hierdie boek is nie ’n Sondagmiddagpiekniek nie – dis ’n ontsnappingsroete deur ’n slagplaas. Vegters is ’n verhaal van hoop en versoening. Dis mooi. Dis bitter. Dis ’n emosionele wipplankrit. Daar is oomblikke van teerheid, maar voor jy te gemaklik raak, word jy in die bek geruk; dié boek gaan by bly en jou uit jou gemaksone ruk. Boekekenner Louis Esterhuizen sê oor Vegters: “Hierdie werk is by verre een van die mees indrukwekkende tekste wat ek tot nog toe die voorreg gehad het om te hanteer.”

Related Articles

Back to top button