Photo GalleriesSport

Dulux slaan die bal vir VVA

Vrystaat Versorging in Aksie het ‘n groot geldelike hupstoot gekry te midde van ernstige geldelike nood, danksy die oop harte van personeel en kliënte van Dulux.

R30 000 is vir die organisasie ingesamel met ‘n veiling na afloop van hul gholfdag wat op 22 September by die Parys Golf & Country Estate gehou is.
Twaalf 4-balle is ingeskryf waarvan Dulux en sy personeel die pryse, inskrywings en verversings geborg het. Die spelers, almal kliënte van Dulux, het ook bygedra tot die pryse, en van sover as Bethlehem, Welkom en Hoedspruit gery om te kon deelneem.
Die hoogtepunt was ongetwyfeld die veiling waar al die fondse wat ingekry is, ten bate van Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) was.
Buildmat van Welkom het ywerig gebie, en was die grootste kopers.
Me Louise Pieterse, organiseerder van die dag, en werknemer van Dulux, het haar goed van haar taak gekwyt.
“VVA het nie woorde om Louise, Dulux en sy personeel, spelers, besighede en almal wat gebie het, te bedank nie.
“Jul bydrae maak ‘n groot verskil in die nood van soveel mense wat deur VVA gehelp word,” sê Sanette Boonzaier, VVA se gemeenskaps- koördineerder.

Buildmat van Welkom was die grootste kopers by die veiling, en personeel het teen mekaar gebie. Foto: Verskaf
Dankie ook aan Parys Pro-Shop wat ‘n 4-bal ter waarde van R1 000 geborg het wat ook opgeveil is.
Die eerste plek is behaal deur Buildmat van Welkom met Hennie, Francois, Quinton en Kevin in die span. Tweede was die AE Bethlehem-span met Niël, Ray, Toelie en Carien in die span.
Derde was Robbie, Wiege, Tobie en Werner.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button