CommunityNews

Kom trap, draf en kuier saam by dié groot familiekuier die naweek

Dis groot familiekuier dié naweek op Koedoeslaagte net 10km buite Parys aan Noordwes-kant. Kom kuier saam op 5 en 6 Oktober wanneer OCSA Parys (Operation Compassion South Africa) sy eerste amptelike fondsinsamelingsprojek hou. Daar is geleentheid vir ’n 3km, 7,5km en 19km MTB bergfietsroete met Koedoeslaagte wat bekend is vir sy uitnemende bergfietsroetes langs die …

Dis groot familiekuier dié naweek op Koedoeslaagte net 10km buite Parys aan Noordwes-kant. Kom kuier saam op 5 en 6 Oktober wanneer OCSA Parys (Operation Compassion South Africa) sy eerste amptelike fondsinsamelingsprojek hou.
Daar is geleentheid vir ’n 3km, 7,5km en 19km MTB bergfietsroete met Koedoeslaagte wat bekend is vir sy uitnemende bergfietsroetes langs die Vaalrivier. Een hiervan – die baie gewilde Crater Cruise wat geen bekendstelling nodig het in bergfiets- kringe nie.
Dan is daar ook geleentheid om jou tekkies aan te trek vir ’n 2km, 5km of 10km draf. Die afstande is kort genoeg sodat selfs die kort beentjies saam met ma en pa, of die meer fikse en ervare fietsryers en drawwers, kan kom deel in die pret.
Jy kan aanlyn inskryf op www.ocsaparys.org. Laat inskrywings is ook welkom Vrydagmiddag tussen 15:00 en 18:00 by Koedoeslaagte. Mense kan dan ook inskrywingsnommers kom afhaal. Bergfietsryers kan ook nog Saterdagoggend kom inskryf vanaf 06:30, terwyl die hardlopers Sondagoggend ook vanaf 06:30 nog by Koedoeslaagte sal kan inskryf.
Jy kan ook 082 894 5568 skakel vir meer inligting.
Onthou daar is braaihout en vure, lekker kosstalletjies en akkommodasie teen bekostigbare pryse, asook nog ruimte vir uitstallers. Skakel Henning Vosloo, voorsitter van OCSA Parys, by 072 159 0989 as jy meer inligting nodig het of belangstel om as sakevennoot deel te word van die OCSA-span.
Die naweek is by uitstek ‘n lekker uitdaging vir skoolspanne, gimnasiums, besighede of sommer net vriende en familie om te kom ontspan en saamkuier in die pragtige natuurskoon. Oktober is nie verniet die mooiste maand nie.
Daar is selfs geleentheid om Sondag stil te word met ’n erediens op Koedoeslaagte.
Wie en wat is OCSA?
Hoewel OCSA ‘n nasionale organisasie is, word Parys afsonderlik bestuur. OCSA Parys neem verantwoordelikheid vir die hele Vrystaat en hulpverlening in dié gebied om kinders, families, bejaardes en strategiese vennote te ondersteun. Vir die organisasie val die klem daarop om ‘n verskil te maak in die al groter wordende nood met armoede en werkloosheid in ons land.
As nasionale nie-winsgewende organisasie probeer hulle daarom om die nood in plaaslike gemeenskappe aan te spreek deur hulpverlening, maar ook om mense te lei na selfvoorsiening. Fondsinsamelings soos die gesinsdag help OCSA om ‘n verskil in jou gemeenskap te maak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button