NewsNews

Selfs kinders kan slaggate nou maklilk en doeltreffend herstel

Selfs kinders kan slaggate nou maklilk en doeltreffend herstel

“Ons paaie lyk soos ‘n maanlandskap – vol kraters!” Só kla inwoners oor die toenemende slaggate.
Politieke partye, gemeenskapsdrukgroepe, sakelui en individue spring die afgelope jare gereeld in om slaggate self op te vul. ‘n Probleem is egter dat die materiaal wat gebruik word, duur is of nie altyd geskik is vir die doel nie. Dit spoel óf weg met die eerste reëns, óf die vulsel word so hard dat dit ‘n klipharde “rots” in die middel vorm terwyl die slaggat rondom dit net verder uitgekalwe word.
Danksy die kreatiwiteit van The Synthetic Latex Company (SLC) in Sasolburg is daar nou ‘n hoëgehalte, doeltreffende produk, Pothole Fix, waarmee mediumgrootte slaggate vinnig en relatief goedkoop opgevul kan word. Die proses is boonop so maklik dat selfs ‘n kind dit kan doen.
Pothole Fix is ‘n grys, gereed-vir-gebruik, klammerige mengsel wat in plastieksakke van 25 kg gekoop kan word. Dit kos minder as R50 per sak en word donkerder van kleur as dit droog is.
Volgens Johan Landsberg, bemarkingsbestuurder van SLC, is die proses baie maklik: Maak die slaggat skoon deur alle grond en blare uit te vee. Gooi Pothole Fix in die slaggat. Stamp dit dan goed vas. Afhangend van die grootte van die gat, sal dit ‘n dag of twee neem voordat die produk heeltemal geset het. Voertuie kan egter dadelik daaroor ry.
“Ek ry sommer ‘n paar keer met my bakkie oor die herstelde gat om die vulsel goed vas te druk,” sê Johan. “As die Pothole Fix klaar geset het en jy sien daar kort nog ‘n bietjie, kan jy dit net ‘optop’ en weer goed vasstamp.”
Pothole Fix is goed bestand teen hitte en is rubberagtig en waterdig. Reënwater gaan dit dus nie binnedring of laat wegspoel nie. Pothole Fix word vervaardig uit ‘n polimeer-neweproduk en ander materiale wat ideaal is vir die maklike herstel van slaggate.
Quentin van den Heever, besturende direkteur van SLC, verduidelik dat die hoofdoel met Pothole Fix nie net is om die paaie in en om die Vaaldriehoek te herstel nie, maar ook om iets aan die gemeenskap terug te gee en behoeftiges op te hef. Die opbrengs uit elke 25 kg-sak wat verkoop word, gaan in geheel na een van verskeie liefdadigheidsorganisasies wat deur SLC geïdentifiseer word. Kliënte kan dan kies watter van dié organisasies deur hul aankoop bevoordeel moet word. Liefdadigheidsorganisasies soos Angel Wings in Vaalpark word reeds deur SLC ondersteun en meer liefdadigheidsorganisasies is in die proses om geïdentifiseer te word.
Deur SLC se Pothole Fix te koop, verbeter jy dus nie net jou eie omgewing nie maar dra jy ook direk by om iemand in nood te ondersteun.
“Ons wil die publiek graag aanmoedig om die produk op SLC se webwerf, www.slc.za.com, te bestel,” sê Quentin.
Pothole Fix is ook beskikbaar by OK MiniMark by die Sasol-garage in Vaalpark, sowel as by dié verspreidingspunte in Sasolburg: Sasol-garage Fonteine en Sasol-garage One RCC.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button