NewsNews

Vierde verdagte vas in Amy’Leigh ontvoering

VANDERBIJLPARK. – ‘n 24 Jarige man is die vierde verdagte wat gearresteer is vir die ontvoering van Amy’Leigh de Jager (6) nadat hy vir meer as 3 weke vir die polisie weggekruip het. Die man wat glo eers Amy’Leigh se boetie gegryp het, hom gelos het en toe vir Amy’Leigh in die wit Toyota Fortuner …

VANDERBIJLPARK. – ‘n 24 Jarige man is die vierde verdagte wat gearresteer is vir die ontvoering van Amy’Leigh de Jager (6) nadat hy vir meer as 3 weke vir die polisie weggekruip het.

Die man wat glo eers Amy’Leigh se boetie gegryp het, hom gelos het en toe vir Amy’Leigh in die wit Toyota Fortuner gelaai het, is in ‘n nedersetting naby Vanderbijlpark gearresteer.

Die man wat volgens Amy’Leigh beskryf is as ‘n man met lang hare, was ‘n werker op Pieter van Zyl se kleinhoewe. Volgens die ondersoekbeampte, Clayton Motloung, se getuienis by dag 1 in die borg verhoor, is die man eers Sondag 1 September voor die ontvoering op Maandag 2 September, gewerf om van Zyl te help om vir Amy’Leigh te ontvoer.

Amy’Leigh is op 2 September deur die 24 jarige man en Pieter van Zyl ontvoer met die Fortuner wat aan een van die beskuldigdes, Leatitia Nel behoort.

Die vierde beskuldigde verskyn eersdaags in die hof.  Tharina Human, Nel en van Zyl verskyn weer 2 Oktober in die hof vir dag 3 van hul borg verhoor.

Foto:Jannie du Plessis

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button