Entertainment

Ray Dylan se nuwe album binnekort beskikbaar

“Country Vibes” is vanaf 20 September 2019 in alle musiekwinkels beskikbaar en kan ook vanaf Oktober 2019 op alle digitale platforms bekom word.

 

Ray Dylan is jare lank al stewig in die Suid-Afrikanse musiekbedryf gevestig. Hy glo egter sterk in vernuwing en kontinuïteit. Ray slaag altyd daarin om mense te vermaak en sy nuuste album, “Country Vibes”, is ‘n sprekende voorbeeld van sy toewyding aan sy lojale aanhangers! “Country Vibes” bestaan uit 19 liedjies, soos “Forever Young, Sancta Maria, Beautiful War en Stuck on You” om slegs ‘n paar te noem – nie almal noodwendig eg “country” nie, maar met ‘n baie duidelike “country”-aanslag – soos net Ray Dylan kán.

Hoewel hy tans ook ten opsigte van produksies en promosies diversifiseer, gebruik hy steeds sy geseënde stemtalent. Ray kry dit keer op keer reg om sy aanhangers met sy unieke stem en ongelooflike talent met die kitaar, elektries en ander, geïnteresseerd te hou. Hy beskik oor ‘n geweldige wye repertoire.

In sy beginjare het hy by baie verskillende “venues” opgetree. Hierdie harde werk het in goue en selfs dubbelplatinumstatus-treffers en-albums gekulmineer. Deesdae is hy bekend as een van die min kunstenaars wat verskeie genres bemeester het, insluitend “country”-liedjies. Liedjies wat geensins enige bekendstelling verg nie, is treffers soos “Hokaai Stoppie Lorrie, Dis Verby, Jessica, Hier binne klop ‘n Boerehart, Angel-face, You’re my everything, Vir ewig jonk, Uitbasuin, Hier teen jou lyf” ensovoorts.

As dit wat deur jou are vloei nog altyd “country”-musiekbloed was, is Ray se nuwe album ‘n absolute moet-hê!

“Country Vibes” is vanaf 20 September 2019 in alle musiekwinkels beskikbaar en kan ook vanaf Oktober 2019 op alle digitale platforms bekom word. Hierdie album beloof om net soveel genot soos enige van sy ander werke te verskaf.

“Country Vibes” se amptelike bekendstelling is 23 Oktober 2019 te Parys Golf & Country Estate.
Kontak Parys Golf & Country Estate op 056 818 1567 vir meer inligting.

Ry Dylan se nuwe album is binnekort beskikbaar. Foto: Verskaf

Ry Dylan se nuwe album is binnekort beskikbaar. Foto: Verskaf

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button