NewsNews

Rehabilitasie van Parys/ Vredefort-pad nou gedoen

Die rehabilitasie van die R59 Parys/Vredefort-pad het verlede week begin en sal die 12 maande kontrak na verwagting teen einde Mei 2016 voltooi wees.

Die rehabilitasie van die R59 Parys/Vredefort-pad het verlede week begin en sal die 12 maande kontrak na verwagting teen einde Mei 2016 voltooi wees.
Die rehabilitasie sluit in die herstel en teer van die totale padgedeelte tussen Parys en Vredefort vanaf die uitgang by Parys tot by die ingang na Vredefort.
Die 12 maande kontrak is aan Sedtrade toegeken deur die Vrystaatse Departement van Paaie, Vervoer en Polisie. Verkeer word sedert verlede Donderdag via die Schoemansdrift-pad herlei en kan motoriste van eind Oktober/begin November ook stop/ry beheer te wagte wees wanneer die twee halflengtes uit Parys tot by die Schoemansdrift-afdraai, en by die aansluiting van die Parys/Vredefort-pad met die Viljoenskroon-pad, gebou gaan word.
Motoriste word gevra om asseblief maar geduldig te wees terwyl daar aan die pad gewerk word. Daar was lank reeds ’n behoefte om die swak toestand van dié pad te herstel.

Related Articles

Back to top button