CommunityNews

Of jy fiets trap, draf of saamkuier – kom deel in dié familiepret

Of jy fiets trap, draf of saamkuier - kom deel in dié familiepret

Liezl Scheepers
Die naweek van 5 en 6 Oktober is gesinstyd. Kom kuier saam wanneer OCSA Parys (Operation Compassion South Afrika) sy eerste amptelike fondsinsamelingsprojek sal hou.
Die dag se pret sluit ‘n 3km, 7,5km en 19km MTB bergfietsroetes in, asook geleentheid vir jou om jou tekkies aan te trek vir 2km, 5km of 10km se draf. Afstande is kort genoeg sodat selfs die kort beentjies saam met ma en pa, of die meer fikse en ervare fietsryers en drawwers kan kom deel in die pret.
Die gesinsdag word op Koedoeslaagte net buite Parys gehou en jy kan aanlyn op www.ocsaparys.org inskryf. Jy kan ook 082 894 5568 skakel.
Onthou daar is braaihout en vure, lekker kosstalletjies en akkommodasie teen baie bekostigbare tariewe, asook nog ruimte vir uitstallers. Hierdie is ‘n lekker uitdaging vir skoolspanne, gimnasiums, besighede of sommer vriende en familie. Maak ook gereed vir heelwat verrassings wat die dag aangebied word. As jy kom saamkuier is daar selfs, sou jy wou, die Sondag geleentheid om ‘n erediens op Koedoeslaagte by te woon.
Wie en wat is OCSA?
OCSA het ‘n tak in Parys en ondersteun ons kinders, families, bejaardes en strategiese vennote.
Vir die organisasie val die klem daarop om ‘n verskil te maak in die al groter wordende nood van armoede en werkloosheid in ons land.
As nasionale nie-winsgewende organisasie probeer hulle daarom om die nood in plaaslike gemeenskappe aan te spreek deur hulpverlening, maar ook om mense te lei na selfvoorsiening. Fondsinsamelings soos die gesinsdag  help OCSA om ook ‘n verskil in jou gemeenskap te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button