Entertainment

Cairo Hersteldienste nou gerieflik naby vir Vredefort-boere

Die Cairo Groep het die afgelope week nog ’n groot mylpaal behaal met die opening van Cairo Hersteldienste in Oranjestraat, Vredefort (regoor die Vredefort-apteek).

Die Cairo Groep het die afgelope week nog ’n groot mylpaal behaal met die opening van Cairo Hersteldienste in Oranjestraat, Vredefort (regoor die Vredefort-apteek).

Nie net sal die boeregemeenskap van die Vredefort-distrik hierby baat nie, maar beteken die opening van ’n tak hier ’n geweldige groot ekonomiese inspuiting vir die dorp en sy mense.
Verlede week se openingsgeleentheid is naas boere van die distrik ook bygewoon deur Northmec hoofkantoor verteenwoordigers in Isando, by name Arno du Plessis (nasionale verkoopsbestuurder) en Pieter Erasmus (handelaars streekbestuurder).
Die Cairo Groep is die afgelope 2 jaar die plaaslike Northmec Handelaar in die distrik wat so wyd strek as die dele suid van Vereeniging, wes van Heilbron, en die gedeelte tussen Vredefort, Parys en Koppies. Die hoofkantoor is steeds tussen Sasolburg en Koppies, op die plaas Cairo van eienaar Jaap van der Westhuizen.
As sakeman en boer het Jaap die behoefte raakgesien om ook hul besigheid nader aan boere van die Vredefort-omgewing te bring. Dit beteken dat CASE IH toerusting vir trekkers, stropers en implemente nou ook hier beskikbaar sal wees, en is Cairo ook die Horsch-agentskap vir dié area vir planters en implemente asook Jacto, Baldan, Geringhoff, Lely hooitoerusting, Welger balers, Storti voermengers en Sitrex hooitoerusting.
’n Volledige werkswinkel en onderdele met bekwame personeel is op die perseel beskikbaar, en word ’n bande hersteldiens ook vir die nabye toekoms beplan.
Die Vredefort-werkswinkel staan onder leiding van Manus Potgieter, met Hugo Mynhardt by onderdele, en Hennie Stander as oorhoofse bestuurder. Verkope sal deur Johan Coetzer hanteer word.
Werkswinkelure is Maandae tot Vrydae 07:00-17:00, en Saterdae in seisoen soos wat die behoefte van boere is.
Kyk gerus ook uit vir die CASE IH produk gebruiksartikel winkel wat binne die volgende twee maande sy deure in Parys oopmaak.
Skakel gerus die Vredefort Cairo Hersteldienste-tak, Oranjestraat, Vredefort, vir net die beste diens en kliënte-tevredenheid
071 288 9756 (Hugo Mynhardt)
078 207 0593 (Hennie Stander)
082 320 5476 (Johan Coetzer)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button