Entertainment

‘n Klug is Sondag se gratis film

Gratis film by Cachet Kleinteater

 

Dit is ‘n verspotte komedie wat afspeel in Antieke Rome en vertel die verhaal van Pseudolus, ‘n baie lui slaaf wat graag sy vryheid wil koop.

Lycus is ‘n slawehandelaar wat net met mooi vroueslawe handel dryf . Pseudolus merk dat sy eienaar verlief is op een van Lycus se vroue en beraam ‘n plan om bevry te word – dalk beloon sy eienaar hom as hy die mooi vrou vir sy eienaar kan kry.

Natuurlik is alles nie so eenvoudig nie en snaakse dinge gebeur wanneer al Pseudolus se planne begin skeefloop.

Dié klug het in 1967 ‘n Oscar-toekenning vir beste filmmusiek gewen en was ook vir ‘n Golden Globe as beste film genomineer.

Gratis films word een keer per maand in die Cachet Kleinteater vertoon. Fliekliefhebbers wat in die geskiedenis van die filmkuns belangstel, is welkom om dit by te woon.  Die flieks word aangebied deur die Potchefstroom Kunsvereniging in samewerking met Potchefstroom Kunste.

Related Articles

Back to top button