Entertainment

‘n Klug is Sondag se gratis film

Gratis film by Cachet Kleinteater

 

Dit is ‘n verspotte komedie wat afspeel in Antieke Rome en vertel die verhaal van Pseudolus, ‘n baie lui slaaf wat graag sy vryheid wil koop.

Lycus is ‘n slawehandelaar wat net met mooi vroueslawe handel dryf . Pseudolus merk dat sy eienaar verlief is op een van Lycus se vroue en beraam ‘n plan om bevry te word – dalk beloon sy eienaar hom as hy die mooi vrou vir sy eienaar kan kry.

Natuurlik is alles nie so eenvoudig nie en snaakse dinge gebeur wanneer al Pseudolus se planne begin skeefloop.

Dié klug het in 1967 ‘n Oscar-toekenning vir beste filmmusiek gewen en was ook vir ‘n Golden Globe as beste film genomineer.

Gratis films word een keer per maand in die Cachet Kleinteater vertoon. Fliekliefhebbers wat in die geskiedenis van die filmkuns belangstel, is welkom om dit by te woon.  Die flieks word aangebied deur die Potchefstroom Kunsvereniging in samewerking met Potchefstroom Kunste.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button