
Die SA’s wink vir Hoërskool Parys se o.17 Fast Five netbalspan. Dit na hul oorwinning in die finale rondtes van die Vrystaat Fast Five netbaltoernooi die afgelope naweek in Zastron. Parys se span het bestaan uit Menique Olivier, Leanke van der Westhuizen, Karla Potgieter, Mikayla Kroon, Tebogo Lesenyeho, Natasha Brewer, Elizma Steyn, Suané Beckman en Kay-Leigh Gerber Dié span is een van net vier spanne wat nou die Vrystaat sal verteenwoordig by die SA Fast 5 Netbaltoernooi wat op 23 en 24 September by Hoërskool Dr EG Jansen in Boksburg gehou word. ‘n Uitmuntende prestasie waarop die skool en die gemeenskap met reg trots kan wees! Baie geluk ook aan die o.15-span wat ook tot by die finale rondtes deurgedring en skitterende netbal gespeel het.






