NewsNews

Balju vat Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se rekenaars

Balju vat Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se rekenaars

 

Verskeie werksaamhede van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit het eergister (9 September) tot stilstand gekom toe die balju beslag gelê het op rekenaars van die munisipaliteit.

Die diensverskaffer-maatskappy wat dié dienste aan die munisipaliteit lewer, is maar een van vele diensverskaffers wie se kontrakte nie nagekom is nie.

Een van die belangrikste afdelings in die munisipaliteit, die krediteure-afdeling, is lamgelê nadat ook sy rekenaars met belangrike data verwyder is.

Hierdie is nie die eerste keer dat Emfuleni versuim om sy diensverskaffers te betaal nie. Verlede jaar het die balju verskeie kere op die munisipaliteit toegeslaan en beslag op goedere gelê. Selfs die vullisverwyderingstrokke is verwyder.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button