NewsNews

Beurtwater dié inwoners se voorland van vandag af

Belangrike kennisgewing

Die Ngwathe munisipaliteit het vandag, Dinsdag 10 September begin met ‘n sogenaamde waterbalansering/water deel oefening.
Dit raak alle inwoners wat water van opgaardam nr. 3 ontvang (Parys, Schonkenville en Sisulu).
Die munisipale woordvoerder, mnr. Steve Naale, sê watervlakke in die opgaardam het sedert Vrydag 6 September drasties begin daal en kon net 20% van die gepompte water die opgaardam bereik as gevolg van voorsiening na die Beaumont en Vaal Parys gebiede wat gekoppel is aan die hooflyn na die opgaardam.
Naale sê die Schonkenville en Sisulu gebiede het teen vandag reeds vir vyf dae nie water gehad nie as gevolg van die lae damvlakke.
Hy sê dit is die rede waarom besluit is om watertoevoer vir drie dae vanaf Dinsdag tot Donderdag na sekere gedeeltes van die dorp af te sit tussen 21:00 en 04:00 daagliks, sodat alle gedeeltes van die dorp water kan kry.
Hy sê ook dat die munisipaliteit professionele diensverskaffers soos Rand Water en African Engineers se hulp ingekry het om oplossings te probeer vind vir die uitdagings ten opsigte van watervoorsiening in die dorp. Hy sê mense wat navrae het kan die Bestuurder: Water en Sanitasie vir Ngwathe, mnr. Phele by 083 271 5507 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button