NewsNews

Een dood en twee beseer na botsing

SASOLBURG. – ‘n Man is dood en twee vroue beseer tydens ‘n ongeluk op die R57 langs Vaalpark. Die ongeluk het net voor 13:00 Saterdagmiddag, 7 September, gebeur toe die bestuurder van die ligte motorvoertuig beheer verloor het oor die voertuig en verskeie kere gerol het. ER24 en Netcare 911 paramediese personeel het op die …

SASOLBURG. – ‘n Man is dood en twee vroue beseer tydens ‘n ongeluk op die R57 langs Vaalpark.

Die ongeluk het net voor 13:00 Saterdagmiddag, 7 September, gebeur toe die bestuurder van die ligte motorvoertuig beheer verloor het oor die voertuig en verskeie kere gerol het. ER24 en Netcare 911 paramediese personeel het op die toneel die twee vrouens, wat op die toneel rondgeloop het, behandel en na nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Die man, in sy dertigs, is sowat 5 meter vanaf die voertuig gelê en is op die toneel dood verklaar. Die vermoede is dat die voertuig se band gebars het wat die ongeluk veroorsaak het. Die polisie ondersoek die ongeluk.

FOTO: ER24

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button