Ape en skilpaaie gekonfiskeer

Ape en skilpaaie gekonfiskeer

Plaaslike DBV personeel moes verlede week binne dae by drie huise in die Tumahole-woonbuurt ingryp waar wilde diere sonder ‘n permit aangehou is.


Dinsdag is die DBV saam met K9-lede van die SAPD, Endangered Wild Life en Natuurbewaring, na twee huise van san- goma’s nadat inligting ontvang is van ape wat in aanhouding is sonder wettige permitte.
By een van die huise is ‘n mannetjies aap en twee skilpaaie gekry. Daar was reeds gate deur die skilpaaie se doppe gemaak en kettings deurgeryg.
Die verhongerde diere is in hoenderhokke gehou wat oopgebreek moes word om hulle te bevry.
By die tweede huis is nog ‘n aapmannetjie gekry wat baie aggressief en verwaarloos was. Donderdag is toegeslaan op ‘n derde huis waar ‘n aap sedert Maart aangehou is, en net met Corn Flakes en brood moes oorleef.


Volgens DBV-inspekteur, Maggie Singh, is boetes deur beamptes van Natuurbewaring uitgeskryf en sal die oortreders in die hof moet verskyn as die boetes nie betaal word nie. Sy sê die optrede sal ook in buurdorpe gedoen word waar klagtes ontvang word. Gereelde inspeksies sal ook voortaan gedoen word. Sy het mense gewaarsku om seker te maak hulle het permitte as wilde diere op die perseel aangehou word. Sy het ook gesê dat tradisionele genesers dieselfde kanale moet volg vir permitte, sou daar wilde diere op hul persele wees. Die diere wat gekonfiskeer is, is na die Endangered Wild Life perseel in Johannesburg geneem waar hulle in die sorg van ‘n veearts geplaas is.

Hier kan die gat duidelik gesien word wat reeds deur die skildpad se dop geboor was toe dit gekry is.

Die DBV vra dat mense sonder versuim voorvalle soos hierdie sal rapporteer. Jy kan die inligting anoniem deurgee.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button