
Die 6-jarige Amy-Lee de Jager is vanoggend, Dinsdag 3 September om 02:00 met haar ouers by ‘n Vanderbijlparkse polisiestasie herenig.
Amy-Lee, ‘n graad R leerling van Laerskool Kollegepark is gisteroggend 2 September deur 4 mans in ‘n wit Fortuner ontvoer toe haar ma haar by die skool afgelaai het.
Sy is ongedeerd en is volgens inligting deur twee jongmense gekry waar sy by die Shakespeare Hote deur ‘n taxi afgelaai is.
Dankie aan almal wat saam gebid, help soek en die boodskap van haar verdwyning op sosiale media gedeel het in ‘n poging om haar op te spoor.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


