
2 September
VANDERBIJLPARK. –Na aanleiding van die bevestigde voorval waarin die 6-jarige Amy-Lee de Jager vanoggend deur 4 mans in ‘n Toyota Fortuner ontvoer is by Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark, het die polisie die publiek gemaan om baie versigtig te wees om nie inligting wat nie geverifieer is nie, op groepe te versprei nie.
Sedert die voorval vanoggend is die nuus wyd op sosiale media, en ook op WhatsApp groepe versprei.
In van die boodskappe word onder meer gesê dat die voertuig in Parys gekry is en dat die dogtertjie gevind is.
Die inligting is onwaar. Die dogtertjie en voertuig is steeds soek.
Inligting wat tans beskikbaar en bevestig is, is as volg.
4 mans betrokke
Wit Toyota Fortuner met getinte ruite.
Registrasie van voertuig onbekend.
Rigting moontlik R59, R82 of R42. – (Nie bevestig)
WEES ASSEBLIEF OP DIE UITKYK!!!
KONTAK JOU NAASTE POLISIESTASIE INDIEN DIE VOERTUIG OF DIE MEISIE GEWAAR WORD.





