News

Info-kantoor kry nuwe baadjie

Info-kantoor kry nuwe baadjie

Hou maar dié bord dop, want as jy weer verby die Parys Info-kantoor in Waterstraat ry, sal dié kantoor ’n splinternuwe baadjie hê. Gereed om jou te help met alles wat jy wil weet van Parys en sy besienswaardighede.
Die Info-kantoor sal daarom tussen 26 Augustus en 4 September gesluit wees vir die opgradering na die splinternuwe voorkoms.
Op 4 September om 18:00 open die Info-kantoor weer amptelik wanneer die Parys Business Network hul maandelikse byeenkoms hier sal hou, en sakelui ‘n voorsmakie kan kry van wat die kantoor voortaan vir besoekers kan bied.
Van die opwindende veranderings wat jy sal kan sien is ‘n sogenaamde “pop-up shop” binne die kantoor waar entrepreneurs of selfs nuwe en bestaande sakelui ‘n projek, produk of inisiatief vinnig en maklik aan besoekers aan die dorp kan bekendstel. Die fasiliteit kan op ‘n daaglikse, weeklikse of maandelikse basis gehuur word.
Vir die eerste keer sal daar ook ‘n kalendermuur wees met dit waarna jy kan uitsien in en om Parys.
In die oopplan kantoorruimte sal jy ’n kykie kan kry van die besienswaardighede wat hier is vir toeriste, word blootstelling gegee aan produkeienaars, en kan jy ’n kleurvolle, volledig opgedateerde straatkaart, asook visuele voorstelling van die Vredefort Koepel sien.
Terwyl die Info-kantoor gesluit is, sal mense egter steeds die landlynnommer (056)811 4 000 kan skakel vir navrae.
Onthou dat die Info-kantoor normaalweg oop is van Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 16:30 en op Saterdae van 09:00 tot 12:00.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button