HealthLifestyleNewsNews

Om ’n verskil te maak vir ander

Soms moet jy net weer ’n slag langs die rivieroewer stap om te weet watter besondere voorreg Parysenaars het om so teen die Vaalrivier se natuurprag te kan bly.

Soms moet jy net weer ’n slag langs die rivieroewer stap om te weet watter besondere voorreg Parysenaars het om so teen die Vaalrivier se natuurprag te kan bly.

Maar ten spyte van hierdie wonderskone gesig wat jou begroet, is daar ook die gesig van toenemende rommelstrooiing wat reeds ’n geruime tyd lank ’n groot probleem in die dorp skep. Gazette het vroeër berig van die handjievol vrywilligers wat week na week sonder vergoeding al langs die rivier moet skoonmaak sodat mense langs ’n skoon roete aan die weeklikse parkrun hier kan deelneem.

Die afgelope week het Andy Robins van die Wildlife Conservation Trust ook op eie stoom begin om langs die rivieroewer in Grewarlaan, by Egweni, die Mimosa Tuine en tot by die Likkewaan-kanoklub skoon te maak. Die ondankbare taak doen hy uit eie sak sonder vergoeding wanneer hy dag na dag wind of koue ten spyt, te voet loop om bierbottels, sakke en blikke wat mense sommer net neergooi, op te tel. Iemand wat besluit het om self iets te doen om ’n verskil te maak. ’n Taak wat soveel makliker kon wees as besoekers en inwoners self ook hul kant wou bring om hul eie vuilgoed op te tel.

Die asblikke langs die rivieroewer is deurgeroes en die vuilgoed wat ingegooi word, val eenvoudig deur. Dan is daar ook diegene wat in die asblikke grou en die vuilgoed daar laat, en hengelaars wat vis skoonmaak op die oewer en die binnegoed net daar laat. Die grootste probleem is egter by die Sandgat in Rotarylaan wat ’n stortingsterrein geword het vir mense wat die moeite ontsien om na die munisipale stortingsterrein buite die dorp te ry.

Hoewel Andy beoog om die skoonmaakprojek langs die rivieroewer deurlopend te doen asook langs die Koepel-paaie ter wille van die natuurlewe en toerismepoten- siaal van die dorp, kan een mens alleen kwalik ’n verskil maak. Daarom ’n beroep op elke Parysenaar- wees trots op jou dorp en sy natuurskoon. As elkeen sy kant bring, is dit soveel makliker om die rivieroewer skoon te hou.

Mense wat graag ’n bydrae wil lewer om Andy te help met die werk wat hy doen, hetsy deur brandstof, vullisdromme, swart sakke of enige ander bydrae, kan hom by 072 709 1488 kontak.

Só het dit gelyk in Grewarlaan en lyk dit steeds by die Sandgat in Rotarylaan.
Só het dit gelyk in Grewarlaan en lyk dit steeds by die Sandgat in Rotarylaan.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button