News

Pak jou tas vir die reis

Pak jou tas vir die reis

Lede van die Parys Vroue Landbou Unie (VLU) het onlangs hul tasse gepak vir ’n reis saam met Thea Guillaume deur Australië. Die reis is ook meegemaak deur area-voorsitter, Elsa Brits, wat die tak besoek en saam gereis het.
Baie moeite is deur van die dames vir dié lekker safari gedoen.
Met elke foto en staaltjie is daar in gedagte saamgereis, en kon daar aan die einde weggelê word aan die heerlike potjie-bederf van Barry Dreyer.
Die VLU-vroue vergader weer op 1 Oktober. As jy wil saamkuier en deel in die interessante temas en praatjies, skakel Annatjie Dreyer by 082 464 0204, of Bernadet van der Ende by 082 474 0304. Gaste is welkom.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button