NewsNews

Hoop dat kruisings dalk teen die naweek oop sal wees

Hoop dat kruisings dalk teen die naweek oop sal wees

Parys – Danksy  hulp van Twin Brothers Construction wat in April vanjaar  ook die pyplek by die kruising by Water- en Loopstraat moes regmaak, sal die kruising by Water- en Buitenstraat na alle waarskynlikheid dalk teen die naweek weer oopgestel kan word vir verkeer. Teerwerk sal dan na verwagting volgende week hier gedoen word.

Teen vanmiddag het Ngwathe beide pype wat gelek het vervang

Dit nadat die munisipaliteit twee weke gelede al hier oopgegrou het om die pyplek reg te maak, maar dit teen Dinsdag steeds gelek het en uiterste verkeerschaos veral in Philipstraat veroorsaak is omdat daar teen Maandagoggend nog geen borde was om swaar verkeer via Loopstraat te herlei nie. Borde is intussen aangebring om verkeer te herlei.

Dinsdagmiddag het ‘n fietsryer in Philipstraat gesterf na ‘n botsing met ‘n vragmotor,  en is ‘n geparkeerde motor Maandagmiddag ook in Philipstraat deur ‘n vragmotor gestamp.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button