News

Drie studente in hof vir aanranding

Drie studente van die NWU se Potchefstroomkampus het vanoggend (12 Augustus) in die Potchefstroomse landroshof op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer verskyn. Enrico Robbertze, Andrew Mc Neill en Ruan van der Heever, tweede- en derdejaarstudente van Caput Manskoshuis, is verlede maand in hegtenis geneem nadat hulle op Woensdag (17 Julie) …

Drie studente van die NWU se Potchefstroomkampus het vanoggend (12 Augustus) in die Potchefstroomse landroshof op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer verskyn.

Enrico Robbertze, Andrew Mc Neill en Ruan van der Heever, tweede- en derdejaarstudente van Caput Manskoshuis, is verlede maand in hegtenis geneem nadat hulle op Woensdag (17 Julie) na bewering studente van beide die NWU sowel as die Universiteit van Stellenbosch, by ‘n kuierplek op die Bult aangerand het.

Hulle het op 22 Julie in die hof verskyn en is vrygelaat op R2 000 borgtog elk. Die saak is vandag weer uitgestel na 10 September omdat die polisieondersoek nog verklarings van getuies moet invorder.

Al drie die studente is voorloping vanuit hul koshuis sowel as vanaf kampus geskors vir tyd en wyl die ondersoek voortgaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button