News

Waarom borsvoeding steeds die beste is

Waarom borsvoeding steeds die beste is

Hoewel borsvoeding, om verskeie redes, nie vir alle ma’s beskore is nie, het kenners en navorsers wat die voordele van borsvoeding ondersteun, só sterk oor die saak gevoel dat hulle in Augustus 1990 ‘n internasionele verklaring nl. die “Innocenti” geteken het.

Dié verklaring is ook deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en Die Verenigde Nasies se Internasionale Noodfonds vir kinders onderteken wat hulle elke jaar in Augustus daartoe verbind om veldtogte ter bevordering vir borsvoeding te loods.

Wanneer ‘n mens na die statistieke van navorsing kyk, is dit duidelik dat borsvoeding nie net vir baba’s nie maar ook vir ma’s voordelig is.

Volgens die WGO kan meer as 800 000 lewens, waarvan die meeste baba’s onder ses maande is, elke jaar gespaar word as borsvoeding toeneem.

Die risiko vir borskanker, baarmoederkanker, tipe 2 diabetes en hartsiektes neem af wanneer vrouens borsvoed. Borskanker eis jaarliks ongeveer 20 000 vrouens se lewens wat moontlik verhoed kan word deur borsvoeding.

Navorsing het bewys dat bors beter as die bottel is. Hier is die 11 belangrikste voordele wat Healthline uitlig:

  1. Borsmelk bevat die mees belangrike voedingswaarde vir ‘n baba, behalwe vitamien D, wat in die eerste ses maande van die baba se lewe noodsaaklik is. Kolostrum is die eerste melk wat baba’s met borsvoeding inkry en is ryk is aan proteïne en ander belangrike voedingstowwe wat idiaal is vir die baba se unieke spysverteringstelsel.
  2. Borsmelk bevat teenliggaampies, veral immunoglobulien A, wat baba’s teen siektes en infeksies beskerm.
  3. Baba’s wat borsmelk drink, is minder geneig om allergieë of diabetes te ontwikkel.
  4. Borsvoedingsbaba’s is minder geneig tot vetsug, anders as die baba’s wat net formulemelk drink. Borsmelk bevat ook meer leptien en meer “goeie” bakterië wat gesond is vir hul ingewande.
  5. Borsmelk is beter vir breinontwikkeling.
  6. Borsvoeding help ma’s na die eerste drie maande om gewig vinniger te verloor.
  7. Borsvoeding help met die vrystelling van ‘n hormoon, oksitosien wat ‘n vrou se uterus laat saamtrek sodat dit makliker terugkrimp na die oorspronklike grootte.
  8. Ma’s wat borsvoed is minder geneig om postpartum-depressie te ontwikkel. Die hormoon, oksitosien werk angstigheid teë en dra grootliks by dat die ma ‘n band met die baba ontwikkel.
  9. Vrouens se risiko vir bors- en baarmoederkanker is 28% minder as hulle borsvoed.
  10. Borsvoeding keer dat vrouens ovuleer en menstrueer.
  11. Borsvoeding spaar baie geld en moeite – Formulemelk word nie aangekoop nie, bottels word nie gesteriliseer nie en melk word nie warm gemaak nie.

Related Articles

Back to top button