NewsNews

Voetganger dood in Viljoenskroonpad-ongeluk

Voetganger dood in Viljoenskroonpad-ongeluk

Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat ‘n voetganger Saterdagoggend (3 Augustus) omstreeks 09:10 op die Viljoenskroonpad doodgery is.

Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is die polisie na die ongelukstoneel sowat 10km buite Potchefstroom ontbied. Op die toneel was ‘n Mercedes Benz aan die regterkant van die pad. Die enjin van die motor het apart van die motor gelê.

Nooddienste het die liggaam van ‘n man op die grond by die ongelukstoneel gevind. Hy is op die toneel dood verklaar. ‘n Ander persoon is in die ongeluk beseer en is na Mediclinic hospitaal geneem.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button