NewsNews

Bloedskenk: Kom maak ‘n verskil

Help asseblief om ʼn bloedtekort te voorkom deur bloedskenking te ondersteun.

 

Wintermaande is tradisioneel ʼn moeilike tyd vir bloedinsamelings, aangesien skole en universiteite sluit vir vakansie. Daarmee saam is daar ʼn toename in tipiese wintersiektes, soos verkoues en griep, wat ʼn reuse impak het op die insameling van bloed. Dit plaas die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens onder ontsaglike druk om genoeg, veilige en goeie kwaliteit bloed in te samel.

Die Bloeddiens nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 13 Augustus 2019 by die Hervormde Kerksaal vanaf 13:00 tot 19:00 in ‘n poging om veilige, genoegsame bloed in te samel om die lewens van baie te red.

Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer 3 000 eenhede bloed per dag. Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput.

Om ʼn bloedskenker te word moet jy tussen die ouderdom van 16-75 wees, meer as 50kg weeg,iets voor jou skenking eet, ʼn veilige seksuele leefstyl lei en gesond wees op die dag van skenking.

Alle bloedgroepe is baie belangrik vir ons, maar ons het spesifiek Groep O nodig omdat hierdie bloedgroep verenigbaar is met al die ander bloedgroepe en is dus baie spesiaal vir ons en diegene wat ‘n dringende behoefte aan bloed het.

Elke bloed skenker sal ‘n beperkte uitgawe Winter-geskenk ontvang!

Help  asseblief om ʼn bloedtekort te voorkom deur  bloedskenking te ondersteun.

Related Articles

Back to top button