Vandag gaan die krane droog wees
Hou maar ‘n paar waterkanne byderhand. Vandag gaan ‘n groot deel van Parys sonder water wees met ‘n pyplek wat in Waterstraat reg by Kentucky reggemaak word. En dit is nie net die waterlose frustrasie nie wat jou vandag in Parys tref nie. Die krusings van Buitenstraat en Waterstraat, en Loop- en Waterstraat was vroegoggend …

Hou maar ‘n paar waterkanne byderhand. Vandag gaan ‘n groot deel van Parys sonder water wees met ‘n pyplek wat in Waterstraat reg by Kentucky reggemaak word.
En dit is nie net die waterlose frustrasie nie wat jou vandag in Parys tref nie. Die krusings van Buitenstraat en Waterstraat, en Loop- en Waterstraat was vroegoggend al gesluit vir die grouery. Dit beteken verkeerschaos veral in Loop- en Philipstraat.
Volgens die span wat gewerk het aan die pyplek sal dit beslis vandag herstel word maar kan dit nog ‘n geruime tyd neem voordat die water terug is in die krane.

Om die teer te herstel kan egter nog 2 of 3 dae neem meen die span.
Werk daarom maar spaarsaam vandag met die water.





