NewsNews

Aanvallers steeds soek na aanval in Koepel

Aanvallers steeds soek na aanval in Koepel

Pieter de Klerk en Marlene Smit het Vrydagaand 26 Julie dapper terugbaklei toe hulle op die plaas Vanderwaltsrus tussen Schoemansdrift en Skandinawië, deur 5 gewapende mans oorval is.
Pieter (62) en Marlene (60),  het net in die motorhuis ingetrek nadat hulle hul werkers afgelaai het, toe die mans op hul afgestorm het.
 
In die warboel van chaos wat in die volgende minute sou volg, is skote op hulle geskiet en is Marlene in die arm gewond. Hulle het kop gehou en sonder ophou terugbaklei en het Marlene ook haar rewolwer uit haar handsak kon uithaal  en n skoot afgevuur. Die wapen, haar handsak, kontant en haar selfoon is egter deur hul aanvallers afgevat.
Pieter kon daarin slaag om die paar treë van die motorhuis na die huis te vlug om sy vuurwapen te kry. Die aanvallers is egter agterna en het nog struweling in die kombuis gevolg waarop Pieter skrams in die agterkop deur sy aanvallers geskiet is.
Die vyf mans het egter te voet gevlug toe Pieter daarin geslaag het om sy vuurwapen te kry.
Die mans was vanoggend nog op vrye voet en is n grootskaalse soektog nog aan die gang gelei deur Vredefort Koepel Gemeenskap Polisiëring  Forum lede, SAPD lede van Vredefort en Viljoenskroon, asook lede van Juliet Brand- en Veiligheid sektor.
Pieter en Marlene  is tans in Potchefstroom Medi Clinic waar hul aansterk en Marlene waarskynlik later vandag teater toe sal gaan om skrapnel uit haar arm te verwyder en senuwees te heg.
Ten spyte van hul nagmerrie ervaring gaan dit goed met Pieter en Marlene en sê hul baie dankie aan hul bure en almal wat hulle te hulp gesnel het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button