NewsNews

Rotary opgewonde om ’n verskil te maak

Rotary opgewonde om ’n verskil te maak

Die nuutverkose leiers en span van Rotary Parys is opgewonde om vanjaar ‘n verskil te maak in die plaaslike gemeenskap. Entrepreneurskap opleidingsessies by skole, uitreikaksies vir sorg aan bejaardes in samewerking met gemeenskapsdiens organisasies, en fondsinsamelings vir hulpbehoewendes, is enkele van die projekte wat hulle beplan. Die doel van entrepreneurskapopleiding is om jongmense vaardighede te leer, en die geleentheid te gee om vir hulself klere en ander nuts artikels te maak wat hulle kan verkoop.
Op hierdie manier leer hulle nie net ‘n vaardigheid aan nie, maar kan terselfdertyd ook ‘n inkomste hieruit verdien.
Mense wat belangstel om by Rotary aan te sluit, of ’n bydrae wil maak, is welkom om Parys Rotary president, Louis Janse van Rensburg te skakel of te WhatsApp by 082 372 6988.
Wally Storer is tans Parys Rotaryklub se sekretaris en Pearl-Ann Liebenberg die tesourier.

Related Articles

Back to top button