NewsNews

Misdaad bekommer

Misdaad bekommer

Misdaad is steeds kommerwekkend hoog in Parys.
Nie net is daar die afgelope twee weke twee Toyota Hilux bakkies gesteel waar daar heelwat voete was nie, maar is daar ook ernstige kommer oor die getal huisbrake, gewone diefstal en selfs winkeldiefstal wat al meer toeneem. Letterlik enigiets word uit mense se erwe gesteel.
Die voertuie wat gesteel is, was geparkeer op die laerskool se sportgronde en by die Pick n Pay parkeerterrein, sê die polisie. Mense word ook weer gewaarsku om versigtig te wees vir geldslenters.
Dit gebeur steeds dat mense geld oorplaas in iemand se rekening wat hulle van geen kant af ken nie, hetsy om iets te koop of vir die belofte van ’n vinnige wins. Wanneer daar dan later ondersoek ingestel word, bestaan die telefoonnommers nie.

Related Articles

Back to top button