NewsNews

Fietsspeke draai teen dwelmmisbruik

Vier en sestig fietsryers het aan die Sport Against Crime-veldtog deelgeneem, toe daar van Sasolburg na Parys fiets getrap is.

Parys SAPD en Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) lede het die afgelope naweek saam met die Tumahole fietsryklub, ‘n grootskaalse bewusmakingsveldtog teen die gebruik van dwelms en alkoholmisbruik geloods.
Vier en sestig fietsryers het aan die Sport Against Crime-veldtog deelgeneem, toe daar van Sasolburg na Parys fiets getrap is.
Pamflette is versprei, terwyl Gary Westwoord en sy span van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum reggestaan het met heerlike warm sop.
Dit is beslis verwelkom met die snerpende koue wind wat jou Saterdag na jou jas en handskoene laat gryp het.


Die fietsryers is ook toegespreek deur mnr. Masilo van Departement Polisie, Paaie en Vervoer.
Dankie aan al die borge wat gehelp het om hierdie dag moontlik te kon maak.

* Ao. Jan le Roux van die Parys SAPD en Anne-marie du Toit, voorsitter van Parys GPF, het ook verlede week Madiba-dag gebruik om ‘n besoek te bring aan Najaarsrus se bejaardes om onder meer te praat oor veiligheid by banke en bankkaartbedrog.
Daarna is die bejaardes met heerlike koffie en muffins bederf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button