CommunitySport

Ons geveerde vriende – van die Kaap tot die Kavango

Kom luister saam Donderdag 25 Julie

As jy belangstel in ons geveerde vriende – kom luister more, Donderdag 25 Julie, om 18:30 wanneer Feathers-voëlklub by die Sally Martin Park saal bymekaar kom. Almal is welkom.
Die tema vir Jan Fourie se aanbieding by die geleentheid is, “Van die Kaap tot die Kavango”. Hy sal van sy foto’s oor die voëls en ander interessanthede wat hy raakgeloop het, kom deel. Mense wat voëls kyk, sien gewoonlik ook die ander wonders in die natuur raak, en dit is deel van die lekker daarvan om ‘n voëlkyker te wees.
Een hiervan is naaldekokers. Op 26 September sal Hennie de Klerk van die Vaal-voëlklub, Feathers besoek om te gesels oor hierdie gevlerkte insekte.
Daar is geen uitstappies vir Julie beplan nie, maar na Donderdag se skyfievertoning sal daar om ‘n koppie sop en brood gekuier word. Bring net jou eie beker en lepel.
Vir meer inligting oor Feathers-voëlklub kan Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306, of Peter Killian by 083 625 8100 geskakel word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button