Photo GalleriesSport

Hierdie Potgieters sit kilo’s op die tekkies

Onthou Saterdag is weer parkrun in Parys vanaf 08:00

As daar ‘n toekenning sou wees vir die mees begeesterde en opgewonde parkrunner, kan die glimlaggende Yolande Potgieter beslis voor in die ry kom staan. Met haar kenmerkende woorde, “Nee, kom jy kan…!, inspireer sy almal en praat moed in net wanneer jy dink die 5km eindpunt kom nooit nader nie.
Met die opening van Parys parkrun op 8 November 2014 was Yolande van die eerste deelnemers. Nou, vyf jaar later, het sy reeds die 200 parkrun mylpaal behaal.
Een van haar seuns, Wium, was destynds net 5 jaar oud het, toe hy saam met ma Yolande haar eerste Parkrun gedoen het.
Yolande moedig haar vier seuns, die tweeling Dian en Ardu, en die tweeling Wium en Lourens, aan om te hardloop en fiks en gesond te wees. Só het die gesin saam met pa Hein, al 620 parkruns gedoen. ’n Hele 3 100 kilometers in totaal.
As parkrun-toeris het Yolande al 19 verskillende parkruns gedoen.
Die gesin het ook al baie uitgehelp as vrywilligers en moedig ook so die seuns aan om hul deel as vrywilligers te doen,
Boonop is Yolande ‘n bobaas kolwyntjiekoekie bakster en is sy gereeld aan die bak vir wanneeer daar ’n parkrun mylpaal bereik word
Yolande het van parkrun in Gazette gelees en het haar nuuskierigheid die oorhand gekry om ook die tekkies aan te trek.
Haar raad – wanneer jy klaar is met jou 5km se stap of hardloop – maak seker jy is volgende week terug om dit weer te doen!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button