NewsNews

Bid asseblief vir Adelaine

Bid asseblief vir Adelaine

Adelaine van Zyl, ‘n oudskolier van Hoërskool Parys,  is sedert Woensdag in die intensiewe sorgeenheid in die Eugene Marais-hospitaal in Pretoria.
Adelaine  ly aan Sclerosteosis (meer bekend as Marmerbeen siekte), ‘n genetiese siekte waarmeer sy gebore is en wat beengroei aan tas met been wat verdik (teenoorgestelde van Osteoperose).

Die 30-jarige Adelaine het verskeie operasies al ondergaan en ook haar gehoor verloor as gevolg van die siekte. In Januarie vanjaar het sy begin om ook haar sig te verloor en verlamming begin ervaar. Sy is sedert sy Woensdag opgeneem is, geopereer om die drukking op haar brein te verlig, maar kon dokters nie die probleem oplos nie.

Hoewel sy moedig terugveg is daar niks wat dokters nog vir haar kan doen nie.

Bid asseblief vir hierdie jong mamma en dapper vrou wat ten spyte van haar gesondheid ‘n geloofspad van onwrikbare deursettingsvermoë tot dusver geloop het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button