
Ouers en kleuter beseer toe motor rol
‘n Paartjie van in hul 30’s en hul 3-jarige seun is gistermiddag (20 Julie) beseer toe ‘n band van hul motor op ‘n grondpad naby die Barrage-polisiestasie gebars en die voertuig gerol het.
ER24-woordvoerder Ross Campbell berig dat paramedici net na 16:00 gistermiddag op die ongelukstoneel aangekom het en die ouers aangetref het waar hulle reeds rondstap. Ander lede van hul familie was ook reeds op die toneel. Die seuntjie was in sy sitplek vasgegordel en het gelukkig net geringe beserings opgedoen. Die ouers is matig beseer en op die toneel behandel voordat al drie na Mediclinic Vereeniging geneem is vir verdere behandeling.





