News

Selfverdediging – jy kan dit bemeester

Selfverdediging is ‘n vaardigheid wat jy kan aanleer.

Of jy oud en krom, jonk en soepel, of lanklaas geoefen het. Jy kwalifiseer beslis.
Solank jy bereid is om te leer, vir drie maande kan vasbyt, en jou geesdrif saambring vir ‘n nuwe uitdaging. Parysenaars het nou weer die geleentheid om in te skryf vir die selfverdedigingskursus wat die afgelope nege jaar al deur Kobus Grobler en Sonja van Rhyn as liefdadigheidsprojek vir die gemeenskap van Parys aangebied word.. Dié twee glo dat selfverdediging veral vandag van groot belang is, want misdaad het ‘n realiteit geword. So het hulle onlangs ook hul vaardighede gedeel met inwoners van Marble Hall, toe hulle vroeg in Julie ‘n kursus daar aangebied het.
Daar is in Augustus weer geleentheid vir Parysenaars om die kursus plaaslik te kan bywoon. Kom leer eenvoudige selfverdedigingstegnieke of kom stof net weer jou kennis bietjie af. Al onthou jy net ‘n paar basiese begrippe, het jy reeds ‘n voorsprong. Dit is nie moeilik nie, en verg nie besondere fiksheid nie.
Die kursus begin Woensdag 7 Augustus. Klasse is een keer per week op ‘n Woensdag in die kerksaal van die NG-gemeente Parys-Oos. ‘n Eenmalige fooi van R200 word gevra en jy ontvang ‘n sertifikaat (moet minstens 80% klasbywoning hê)
Mans, vrouens en kinders kan die kursus bywoon.
Maak gebruik van die geleentheid. Vir meer inligting skakel Sonja by 082 327 4250, of hou haar Facebookblad dop vir toekomstige kursusdatums.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button