NewsNews

PAWS, brandweer red beeste uit riooldam

Lede van PAWS (Potchefstroom Animal Welfare Society), die brandweer en Trompie Kitsgras het onlangs vir meer as vier ure in die koue nag geswoeg om vier beeste uit ’n riooldam te red. Volgens Errol van Niekerk, ’n bestuurder by PAWS, het die vier beeste op ’n manier deur die heining, tot in die rioolplaas gekom. Van Niekerk …

Volgens Errol van Niekerk, ’n bestuurder by PAWS, het die vier beeste op ’n manier deur die heining, tot in die rioolplaas gekom.

Van Niekerk het net na 18:00 die oproep gekry waar hy gevra is om te gaan help. Hy, sowat vier mans van Trompie sowel as twee mans van die brandweer het tot na 23:00 die aand gesukkel om die beeste uit die dam te kry.

“As ons hulle nie Saterdagaand uitgekry het nie, sou hulle heel moontlik verkluim het,” sê Van Niekerk.

Van Niekerk sê die beeste kon darem gered word. Hoewel hulle baie vuil was, is hulle nie beseer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button