![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2019/07/IMG-20190719-WA0019.jpg)
Vrystaat Vroue Landbou-Unie (VVLU) vroue van Area 1 wat die Steynsrus en Alpha-takke insluit, het onlangs Parysenaars se gasvryheid eerstehands kom beleef met ’n uitstappie wat deur die Parys-tak se dames gereël is.
Daar is by Montgolfier-restaurant by die Parys-vliegveld bymekaar gekom vir ontbyt, waarna dié vroue saam met area-voorsitter Elsa de Bruin, Parys se strate ingevaar het om te kyk na alles en wat nog die dorp sy besoekers bied. Daar is tot laatmiddag gekuier.