CommunityMandela DayNews

Meer as 67 minute se omgee

Parys het 'n OMGEE gemeenskap.

Dit het alles begin met die idee van Mbulelo Mtshilibe om die vure te laat brand sodat mense saam kan sit en luister na mekaar. Stories te deel. Stories van hulle wat minder het.

Om uit te reik na mekaar.

‘n Ongelooflike belewenis wat vanaand, Donderdag 18 Julie, voor die Parys museum gesien is!

Mense van oraloor wat na ander uitgereik het. Oop harte en hande wat opreg gegee het.

Opregte omgee  van die mense van Parys.

Van net na 17:00 vanmiddag het mense voor die museum bymekaar gekom waar die vure gesellig gebrand het. Hier waar vriendelike hande reggestaan het met vetkoek, sop, warm sjokolade, malvalekkers, vars melk, groentepakkies en soveel meer wat met oop hande gegee is vir ander wat minder het.

Meer as 200 mense vir wie hier nie net vandag kos gegee is nie, maar hoop by die Mandela Fire4Hope.

Dankie aan elkeen wat gehelp het om van hierdie projek so ‘n groot sukses te kon maak. Elke organisasie wat betrokke was, elke individu, elke besigheid, elkeen wat iets by die museum afgegee het, of self ‘n uur of twee kom saamkuier het. Elkeen wat kos gemaak het of bygedra het, en elkeen wat gehelp het met die reëlings.

Parys het ‘n omgee-gemeenskap!

 

In die middel, Mbulelo Mtshilibe, die man wie se idee die Mandela Fire4Hope was.

A. o. Jan le Roux het selfs die geleentheid gebruik om weer met die kinders wat ‘n draai hier gemaak het te gesels oor veiligheid. 

Warm harte en ‘n warm glimlag vir ander.

Almal het gehelp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button